Ons by NG Eros verwelkom almal. Vind ons op Google Maps onder "NG Eros"
Kol 3:11 "Hier is Christus alles en in almal"
Kol 3:11 "Hier is Christus alles en in almal"
Ons bou om ons verhouding met God, met onsself, met ander en met ons omgewing te vernuwe na die beeld van Jesus Christus.
Ons geestelike bouplan vind ons in die Bybel.
Kom groei saam!
Ons is die geestelike Huis van God. Hy is die eienaar. Sy Gees is die Kontrakteur en ons is die werkers of die BOUers. Alles wat jy nodig het om van NG Eros se geBOU en BOUers te weet, is hier in 'n neutedop vir jou saamgevat.
God se Woord bevat die riglyne vir geestelike vernuwing en groei in al jou verhoudings.
Laai die YouVersion Bible Toep op jou foon of rekenaar af en geniet toegang tot verskeie Afrikaanse en Engelse Bybel vertalings.
Eredienste, aanlyn-prediking, huisgodsdiens, EVA Bybelstudie (Eros Vroue Aksie), en Eros Jeug bied maar paar geleenthede vir toerusting tot gestelike groei. Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.
Die fisiese BOUstene wat van NG Eros 'n gemeente maak, dus Liggaam van Jesus Christus, is sy bedienings. Om te bedien is 'n eg Bybelse oproep. Ons by NG Eros fokus aan die een kant op die verskeie gemeentegroepe (manne, vroue- jeug-, en senior burgerbedienings) en aan die anderkant op diensbaarheid en barmhartigheid.
Ons stuur weekliks elektroniese afkondigings uit. Kontak die kerkkantoor sodat ons jou dadelik op die NG Eros verspreidingslys kan plaas. Dit is ook op ons NG Eros Facebookblad en by die skakel hieronder.
Ons stuur elke week elektroniese afkondigings vir NG Eros uit via epos. Kontak die kerkkantoor by kantoor@ngeros.org sodat ons jou dadelik op die NG Eros verspreidingslys kan plaas. Dit is ook op ons Facebookblad, "NG-Eros Gemeente". Elke week maak ons ook 'n kort video van die kernafkondigings vir daardie week, genaamd "EroSensasie" en plaas dit op ons You Tube-kanaal, "NG Kerk Eros".
Vind NG Eros se kontak- en bankbesonderhede by die skakel hieronder.
Bank Windhoek, Tak 481 972, Rek. nr: 1027399001
Pay Today: "NG Kerk Eros", onder besighede.