NG Eros
NG Eros
  • Tuis
  • NG Eros JEUG
  • GeBOU en BOUers
  • BOUtoerusting
  • BOUstene
  • BOUnuus
  • BOUkantoor
  • Imago Dei

gebou en bouers : NG Eros in 'n neutedop

NG EROS SE VISIE, MISSIE EN STRATEGIE

Ons visie is op die Bybel as Woord van God gebou. Ons gondteks in die Bybel vir NG Eros is Kol. 3:11:   “Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaafd, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.”
Ons by NG Eros gee om sodat Jesus Christus alles en in almal kan wees. Hy is ons Fondasie waarop ons bou en ons doel is om Hom te bedien en deur Hom diensbaar te wees vir almal.

Strategies verdeel NG Eros in drie bedieningsareas: Inbou tot verdiepte verhoudings, uitbou na breër gemeenskap en opbou van geestlike toerusting. Die drie bedieningsareas is interafhanklik van mekaar en staan in harmonie tot mekaar. Die middelpunt waarom alles draai is God wat deur die Vader se genade, die Seun Jesus Christus se verlossing en die Heilige Gees se leiding, Sy kerk bewaar en onderhou.  

HOE LYK ONS?

NG Eros is 'n stadsgemeente in die hartjie van Windhoek. Ons lidmate is divers en uiteenlopend met almal een gemeenskaplike aspek: ons is 'n geestlike familie met 'n liefde vir God en sy kinders gebou op die Fondament Jesus Christus. Ons fokus op geestelike versterking, die vestiging van goeie ondersteuningsnetwerke in vriendekringe en families asook op diensbaarheid in die gemeenskap. 

PERSONEEL

Ons het drie voltydse predikante wat buiten hul gesamentlike taak van prediking en versorging, ook die gemeente verder op hul onderskeie fokusareas bedien. Verder het ons 'n handjie vol spesialiste wat elk op hul terrein diensbaar is. 

PREDIKANTE

FOURIE VAN DEN BERG is ons opbouleraar. Sy passie is om mense te leer en fokus dus op geestelike groei. Hy fokus ook op innoverende denke, kreatiwiteit en oplossings vir gemeentelike uitdagings.

PREDIKANTE

ZACK PIENAAR is ons uitbouleraar. Hy het 'n passie om hulp en hoop te bring vir die hulpeloses en weerloses. Hy bestuur ons liefdadigheids-organisasie genaamd "Imago Dei" en begelei die gemeente daarin om op dié vlak betrokke te raak in die gemeenskap. Hy het ook 'n passie vir opleiding en dien as mentor vir klein, plattelandse gemeentes. 

PREDIKANTE

MARCO KOCH is ons inbouleraar wat 'n passie vir mense het. Hy begelei die jeug saam met hulle ouers en bou aan die verhoudings binne die gemeente. Verder sien hy om na nuwe intrekkers en lei die huisgodsdiens weekliks op Woensdae-aande.

SPESIALISTE

NG Eros het die volgende spesialisareas wat deur kundiges bedien word:

JOHANN SERFONTEIN is ons deeltydse leraar wat senior burgers bedien. Hy is voltyds betrokke by Elisenheim se gemeenskapskerk. 

SPESIALISTE

 ANNELIEN MULLER is ons se gemeente-koördineerder. Sy is die skakel tussen die predikante en die kantoor. Waar die kantoor die besigheidsaspekte van die kantoor hanteer, behartig sy die geestelike komponente van die kantoor. In haar professionele hoedanigheid is sy 'n teoloog en proponent binne die NG Kerk.

SPESIALISTE

 ERINA JUNIUS is ons orrelis met baie jare se ondervinding.

SPESIALISTE

 MILLINDA COFFEE is die kantoor- en projekkoördineerder van Imago Dei met 'n pastorale agtergrond.

ALGEMENE WERKERS

ALBERT SHIVUTE

ALBERT SHIVUTE

ALBERT SHIVUTE

ALBERT SHIVUTE is ons terreinopsigter en algemene werker. Albert het sy vader, Samuel wat eers die terreinopsigter was, opgevolg.  

JEFTA GERTZE

ALBERT SHIVUTE

ALBERT SHIVUTE

JEFTA GERTZE is ook 'n algemene werker wat meer as 30 jaar al by NG Eros werk.

NG Kerk Eros

085 594 1147

kantoor@ngeros.org

Bank Windhoek, Tak 481 972, Rek. nr: 1027399001

Pay Today: "NG Kerk Eros", onder besighede.