Om te verander en jouself geestelik op te bou en te vernuwe, moet jy by jou verhouding met God begin, sodat jy al meer na Sy Beeld gevorm kan word. Daarvoor is kwaliteittyd saam met Hom nodig en goeie ondersteuning.
Luister weer na Sondag wat verby is, se preek op ons You Tube-kanaal, "NG Kerk Eros". Deel dit ook met vriende of familie wat dit ook moes gehoor het.
'n Kort opsomming van die preek verskyn elke week in die weeklikse afkondigngs.
Woensdae vergader elke gesin, familie of vriendekring in NG Eros met die Bybel in die hand, rondom hul rekenaars vir aanlyn -huisgodsdiens, "Innihuis met God". Dit word gelei deur Marco Koch en sy gaste. Besoek ons Facebookblad by "NG-Eros Gemeente" om weekliks in te skakel.
Ons bied verskeie kursusse en groeigeleenthede aan in die jaar wat spesifiek daarop fokus om jou verhouding met God te versterk, om meer van jouself te leer, en om meer van mekaar te leer.
Hou ons weeklikse elektroniese afkondigings dop wat per epos uitgestuur word en op ons Facebookblad verskyn.
Bank Windhoek, Tak 481 972, Rek. nr: 1027399001
Pay Today: "NG Kerk Eros", onder besighede.