Om Liggaam van Jesus Christus te kan wees, moet 'n gemeente aktief wees, mekaar ondersteun en aanhou groei. NG Eros se bedienings is 'n uitvloeisel van die strategiese stap van inbou in ons verhoudings in. God het ons almal uniek geskape in verskillende persoonlikhede en geslagte en agtergronde. Daarmee saam bestaan ons uit verskillende ouderdomme. Daarom dat ons bedienings in 4 groot groepe verdeel is: bedienings vir mans en vroue asook vir jeug en senior burgers.
Ons het 'n gesonde en aktiewe jeugbediening by NG Eros. Kinders vanaf 3 jaar tot graad 4 is die ANTZ, jonges in graad 5 en 6 is die BATZ, jongmense in graad 7 tot 10 is die CATZ en die oumanne in graad 11 is die DOGZ.
Alle jeug begin Sondae in die kerk saam met hulle ouers. Gedurende die diens verlaat die ANTZ en BATZ die diens om na die kinderkerk te gaan waartydens kategese aangebied word.
CATZ vergader na die erediens om 10h00 in die saal.
DOGZ vergader in die namiddae, 17h00 op die Sondag.
Kontak die kerkkantoor vir kontakbesonderhede rondom die verskeie bedienings. Laat die Gees van God jou lei om op 'n spesifieke plek te dien waar jou gawes lê en ander so met Christus te kan bedien. Kontak die kerkkantoor by kantoor@ngeros.org
Ons het mekaar nodig. In Hebreërs 10:24 lees ons, "Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade". NG Eros is 'n dienende gemeente wat missionaal ingestel is. Ons barmhartigheidsbeen in die gemeenskap noem ons "Imago Dei" wat 'n onafhanklike liefdadigheidsorganisasie is. Imago Dei beteken 'Beeld van God'. Ons is almal na God se beeld geskape, maak nie saak wie en wat jy is nie. As enige een binne die liggaam van Christus ly, ly almal saam. Ons werk aktief in die gemeenskap deur Imago Dei-organisasie om verligting en hoop te bring aan die gemeenskap in nood.
Imago Dei bestuur 'n wye spektrum van gemeensksapsprojekte. Skakel in en dien God deur jou beskikbaar te stel om die nood van ander te help verlig, hoop te bring en die liefde van Jesus Christus uit te dra.
Bank Windhoek, Tak 481 972, Rek. nr: 1027399001
Pay Today: "NG Kerk Eros", onder besighede.